Wynand du Toit’s biography, net worth, fact, career, awards and life story

Intro South African writer
Is

Writer

From

South Africa

Type

Literature

Gender male
Birth 1958, Western Cape, South Africa
Age: 62 years

Wynand du Toit (gebore 1958, Wes-Kaap) is ‘n Suid-Afrikaanse skrywer en oud-soldaat van die SAW. Hy skryf meestal in Afrikaans.

Du Toit het op ‘n koringplaas in die Wes-Kaap grootgeword. In 1977 het hy permanent by die SAW aangesluit. Nadat hy sy B.Mil-graad (Baccalaureusgraad in militêre wetenskap) verwerf het, het hy suksesvol keuring en opleiding by die spesiale magte eenheid ondergaan. Hy het ‘n see-gebaseerde operateur geword by 4 Verkenningsregiment in Langebaan in die Kaap, vanwaar hy aan verskeie operasies deelgeneem het. Hy is later gevange geneem tydens ‘n aanval op die olieryke eksklawe van Cabinda, Angola. Nadat hy twee-en-‘n-half jaar in afsondering in ‘n Angolese gevangenis deurgebring het, is hy vrygelaat tydens ‘n uitgebreide uitruiling van gevangenes in Maputo, Mosambiek. Hy het op 31-jarige ouderdom uit die weermag afgetree met die rang van luitenant-kolonel.

Hy het uitgeblink as ‘n openbare en motiveringspreker, en het boerderybedrywighede in Suid-Afrika, Namibië en Angola begin terwyl hy met verskeie ander projekte besig was, soos onder andere vervoerdienste na Angola, veiligheidsdienste en kommersiële konstruksiewerk.

Sy tyd as huursoldaat in Angola na die einde van die Grensoorlog het daartoe gelei dat hy bande gesmee het en verbintenisse opgedoen het met van sy voormalige vyande. Hy het as voorsitter van die Kalkplato Boerevereniging in Namibië gedien, en het die vereniging as ‘n arbeids-afgevaardigde by die Namibiese-boereunie verteenwoordig. Hy was ‘n lid van die Gautengse Meesterbouersvereniging, en het by die ontstaan van die ondersoek na boerderymoontlikhede in die Republiek van die Kongo die vise-president van Kongo-Landbou geword. Hy boer tans deeltyds op sy plaas Belle Terre in die Republiek van die Kongo (Brazzaville).

Hy het sy lewensverhaal in twee boeke verwoord getiteld Judasbok en Josefskleed. Hierdie lewensgetroue verhale is gevolg deur nog drie oorlogsfiksie-boeke. Hy skryf meestal in Afrikaans maar ook in Engels, met sy boek Judasbok wat na Engels vertaal is onder die titel Judas Goat. Agt boeke het reeds uit sy pen verskyn naamlik, Judasbok, Josefskleed, The long lost Grave, S-98, Destiny, Pelindaba Protokol – Die asem van Allah, Soldaat en Kaplyn – waar ons weer ontmoet.

Hy skryf tans voltyds wanneer hy nie besig is met plaasbedrywighede in die Kongo nie.

Du Toit het in Februarie 2014 die Nasionale Orde van Verdienstelikheid van die Republiek van die Kongo ontvang. Hy is getroud met Frances du Toit (née Mostert) en het twee kinders, ‘n seun en ‘n dogter. Hy het ook twee kinders uit sy vorige huwelik. Sy eggenote Frances is in KwaZulu-Natal gebore en het in Pretoria grootgeword waar sy aan Hoërskool Waterkloof gematrikuleer het. Hulle is in September 2006 getroud. Frances is Wynand se persoonlike assistent en sy bestuur ook die bemarking en verkope van sy boeke.

Publikasies

  • Judasbok (na Engels vertaal onder die titel Judas Goat)
  • Josefskleed
  • The long lost Grave
  • S-98
  • Destiny
  • Pelindaba Protokol – Die asem van Allah
  • Soldaat
  • Kaplyn – waar ons weer ontmoet

Verwysings

Eksterne skakels

  • Wynand du Toit se biografie op sy webjoernaal (in Engels)
  • Bespreking van Du toit se nuutste boek Kaplyn op sy webjoernaal (in Afrikaans)
  • Bespreking van Du Toit se boeke op sy webjoernaal (in Afrikaans en Engels)
  • Maroela Media artikel oor Wynand du Toit
You May Also Like

Mark Millar’s net worth, biography, fact, career, awards and life story

Mark Millar net worth: Mark Millar is a Scottish comic book writer who has a net worth of $25 million. Mark Millar was born in Coatbridge, Lanarkshire, Scotland, United Kingdom in December 1969. He has worked on many comic books including The Authority, Ultimate Fantastic Four, Marvel Knights Spider-Man, Civil War, Wanted, The Secret Service, Superior, Chrononauts, Kick-Ass, and more. Millar was honored as a Member of the Most Excellent Order of the British Empire by Queen Elizabeth II in 2013 for his services to film and literature. He has also been nominated for two Eagle Awards and four Eisner Awards. Millar has worked on several other comic books including Judge Dredd, Robo-Hunter, Red Razors, Sonic the Hedgehog, Swamp Thing, The Flash, Superman Adventures, Ultimate X-Men, and more. He contributed to the film adaptations of the movies Wanted, Kick-Ass, Kick-Ass 2, Kingsman: The Secret Service, Fantastic Four, Captain America: Civil War, Logan, and Kingsman: The Golden Circle.
Read More