Timothy Partridge’s biography, net worth, fact, career, awards and life story

Intro South African academic
Was

Scientist

Climatologist

Geologist

Archaeologist

Anthropologist

Paleoanthropologist

From

South Africa

Type

Science

Social science

Gender male
Birth 7 December 1942, Balgowan, KwaZulu-Natal, South Africa
Death 8 December 2009
(aged 67 years)

Star sign Sagittarius

Timothy Cooper Partridge (7 Desember 1942 – 8 Desember 2009, Balgowan) was ‘n akademikus by Wits Universiteit, waar hy nou met Phillip Tobias saamgewerk het.

Studieveld

Hy was ‘n bekende klimatoloog, geoloog en palaeoantropoloog. Hy was ‘n lid van Tobias se palaeoantropologiese navorsingseenheid wat vanaf 1966 tot aan die eeu-einde die uitgrawings by fossielterreine van aapmense geloods het, en was vir meer as 40 jaar betrokke by studies in menslike ewolusie. Sy kennis van geomorfologie het hom in staat gestel om datums te verskaf vir aapmens-fossielfondse, veral dié van genus Australopithecus. Hy was vir baie jare werksaam by die fossielterreine te Makapansgat, Sterkfontein, Taung en die Wieg van die Mensdom, en is as ‘n ondernemende en pligsgetroue spanlid beskryf.

Sienings

Partridge het gewaarsku omtrent ekstreme weersomstandighede wat weens globale verwarming kon ontstaan. As ereprofessor in klimatologie by Wits het hy sedert 2004 in die Guardrisk Update uitgewys dat atmosferiese koolstofdioksied die hoogste vlakke in 420 000 jaar bereik het. Dit sou atmosferiese energie opgaar wat ernstige weerskommelings moet meebring. Warmer temperature sou groter verdamping ten gevolg hê, wat meer reën in sekere wêrelddele sal meebring, en erger droogte in ander.

Persoonlike lewe

Sy eerste gade was dr Marilyn Phillips (1933-2004). Sy was ‘n geregistreerde narkotiseur, en was ook ‘n student van Tobias by die Wits mediese skool. Hul enigste seun Astley is as jong volwassene oorlede. Drie maande voor sy dood is hy met die redakteur en uitgewer Susie Jordan getroud. Hy is in 2009 tydens ‘n besoek aan KwaZulu-Natal aan ‘n hartaanval oorlede, en is uit die St Martins-in-the-Veld Anglikaanse Kerk in Johannesburg begrawe.

Verwysings

You May Also Like