Stefanie Gercke’s biography, net worth, fact, career, awards and life story

Intro South African author
Is

Author

Writer

From

South Africa

Germany

Type

Literature

Gender female
Birth 1 January 1941, Bubaque
Age: 79 years

Stefanie Gercke (*1941 in Bubaque, Guinee-Bissau) is ‘n Duits-Suid-Afrikaanse skryfster. Sy is met die ingenieur Hans-Hermann Gercke getroud.

Lewensloop

Stefanie Gercke is as die eerste wit kind op Bubaque, ‘n eiland van die Bissago-argipel, Guinee-Bissau in Wes-Afrika, gebore. Sy is amptelik deur die eilandbewoners, die Bissagos, in hul stam opgeneem. Nadat sy en haar ouers onder druk van die Geallieerdes Guinee-Bissau moes verlaat, bly hul tot met die inval deur die Russe in Macedonië. Sy bring haar jeug- en skooljare in Lübeck en Hamburg deur. Sy ontmoet ook daar haar toekomstige eggenoot. In 1961 emigreer die egpaar na Suid-Afrika. Al twee hul seuns is in Johannesburg gebore. Later verhuis hulle na Umhlanga Rocks.

Die Gerckes bly daar ononderbroke tot einde 1978. Omrede hulle seuns as gebore Suid-Afrikaners outomaties vir diensplig gedurende die Apartheidsjare opgeroep is, waarteen hul gekant was, het die Gerckes die land in die geheim verlaat.

As kind het Stefanie besluit om modes te ontwerp en verhale te skryf. In hierdie volgorde het haar droom ‘n werklikheid geword. In Hamburg het sy in die 1980’s haar eie modebedryf begin. Dan volg wat sy beskryf as “lang donker jare”, waar die gesin nie na Suid-Afrika kon terugkeer nie. Sy begin nostalgies “daarheen” terug te skryf.

Sedert Nelson Mandela staatspresident geword het, besoek die Gerckes jaarliks Suid-Afrika vir enkele weke. Die egpaar is tans woonagtig in Sleeswyk-Holstein, hoewel Stefanie hoop om eendag weer permanent in Afrika te bly.

Boeke

Stefanie Gercke het tot op hede nege bellettristiese boeke gepubliseer wat almal handel oor haar tweede vaderland, Suid-Afrika. ‘n Deel van haar werke speel in Suid-Afrika in die 19de eeu af. Die ander boeke draai om die omgaan van die politieke verlede van Suid-Afrika.

Werke

  • Junigewitter. Heyne, München 2015, e-ISBN 978-3-641-12950-7
  • Nachtsafari. Heyne, München 2013, ISBN 3-453-26698-6.
  • Jenseits von Timbuktu. Heyne, München 2011, ISBN 3-453-26697-8.
  • Schwarzes Herz. Heyne, München 2009, ISBN 3-453-26548-3.
  • Über den Fluss nach Afrika. Heyne, München 2007, ISBN 3-453-26547-5.
  • Feuerwind. Heyne, München 2006, ISBN 3-453-02250-5.
  • Schatten im Wasser. Heyne, München 2006, ISBN 3-453-47024-9.
  • Ein Land, das Himmel heißt. Droemer Knaur, München 2003, ISBN 3-426-62534-2.
  • Ins dunkle Herz Afrikas. Droemer Knaur, München 2001, ISBN 3-426-61993-8.
  • Ich kehre zurück nach Afrika. Droemer Knaur, München 1999, ISBN 3-426-61498-7.

Webskakels

  • Stefanie Gercke in die katalogus van die Duitse Nasionale Biblioteek (de)
  • Stefanie Gercke by afrikaroman.de, besoek op 29 Oktober 2010

Bron

  • (de) Lewensloop van Stefanie Gercke

Verwysing

You May Also Like