Pienkes du Plessis’s biography, net worth, fact, career, awards and life story

Intro South African writer
Is Writer 
From South Africa 
Type Literature 
Birth 1935
Age: 85 years

Pienkes du Plessis (*1935 -) is ’n sakeman en Afrikaanse skrywer. Hoewel sy ‘regte’ naam Gert van Eeden du Plessis is, skryf hy onder sy noemnaam Pienkes. Hy maak ook van die skuilnaam Gerrit du Plessis gebruik.

Lewe en werk

Gert van Eeden du Plessis (algemeen bekend as Pienkes) is in 1935 gebore en word groot op ’n plaas in Vaalharts in die Noord-Kaap, tussen Kimberley en Vryburg. Hy matrikuleer aan die Hoër Volkskool Potchefstroom en studeer aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys, waar hy hom as onderwyser bekwaam. Na drie jaar in die onderwys in Johannesburg sluit hy as omroeper-regisseur by die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) in Durban aan. In 1964 is hy medestigter van Motorvia, later ’n beduidende rolspeler in Suid-Afrika se vervoerbedryf. Na tien jaar in Durban keer hy terug na Johannesburg, waar hy uiteindelik vir 35 jaar sal bly. Hy verkoop sy sakebelange in 1990 en raak toenemend betrokke in wild- en natuurbewaring. So is hy die stigter van die Welgevonden-wildreservaat in die Waterberge. Hy is ook medestigter van die Aardklop Kunstefees en van Helpmekaar Kollege, een van die eerste Afrikaanse privaatskole onder die nuwe politieke bedeling. Hy is getroud met Lizzie Redelinghuys, ook van Vaalharts en Potchefstroom en hulle het drie kinders, ’n seun (Werner) en twee dogters (Janie en Karen). Sy dogter Janie word later self bekend as televisie-aanbieder en aktrise. Na aftrede bly hy en sy vrou in Somerset-Wes.

Skryfwerk

Hy begin skryf terwyl hy by die SAUK werk en tientalle radiodramas, tydskrifverhale en vervolgverhale sien die lig, onder verskeie skuilname, waaronder Gerrit du Plessis. Dit is egter eers met die publikasie van sy kampvuurstories in die bundel “Duinestories” wat hy groter bekendheid verwerf. Hierin skryf hy geestige stories wat hoofsaaklik oor jag handel maar weens die gesellige verteltrant aanklank by ’n baie breër publiek vind. Hierdie bundel, met ’n paar ekstra verhale as toegif, word heruitgegee onder die titel “Die perdekombers en ander stories uit die jagveld”. “Anderkant duskant” is ’n roman wat tussen die dertiger- en vyftigerjare van die twintigste eeu in Jurieskloof afspeel, in ’n tydvak toe rassisme nog hoogty vier. Coen Rheeder is een van die min wat kans kry om aan Jurieskloof te ontsnap, maar word deur ramp op ramp agtervolg. Naby Jurieskloof is ’n swart trustgebied met ’n wit Roomse pedofielpriester. Terwyl Coen teen die rampe stry, beplan Dikgo Legatlo sy wraak teen die witmense nadat hy as klein seuntjie moes sien hoe wit boere sy pa wreed aanrand. “Ek ken jou” is ’n spanningsverhaal wat die intriges van die sakewêreld as agtergrond het.  Ongewoon is die gebruik van twee ek-vertellers, die slagoffer en die moordenaar. Wilhelm is die slagoffer wat alles probeer om aan die lewe te bly, terwyl die moordenaar ewe vasberade is om hom dood te maak. “Die man” bevat vyf sketse, met “Die man wat so eerlik was” wat in 1964 as kortverhaal in Sarie Marais verskyn het. Twee ander sketse is aanvanklik as radiodramas uitgesaai.

Verskeie van sy dramas en radiodramas word op die webwerf LitNet-spens gepubliseer, insluitende “Septemberreën”, “Lekker is ’n vinger lank” en “Die man uit een stuk”. Die radiodrama “Septemberreën” word reeds in 1963 uitgesaai. Hierin daal vier persone met ’n hysbak die aarde in. Elkeen het sy eie siening van wat besig is om te gebeur en wat aan die einde gaan gebeur. “Lekker is ’n vinger lank” is ’n politiek inkorrekte klug, met vier uiteenlopende karakters (’n geleerde oom uit Pretoria, ’n gay kêreltjie uit Sandton, ’n AWB-boer uit Ventersdorp en ’n tert uit Bloemfontein) wat saam by Petrus se poort beland. Die poortwag is egter bruin. In die radiodrama “Die man uit een stuk” (wat in 2010 deur Radiosondergrense uitgesaai word) veg drie ou mans om hulle maatskappy, Vista Konsultante, van bankrotskap te red. Volgens die ouditeur is die maatskappy egter reeds bankrot met geen hoop op redding nie. Die maatskappy het ’n trotse geskiedenis en die voorsitter is ’n bekende man in die reklamewêreld. Hy is op die raad van die handelskamer en dien in talle komitees en hy is nie van plan om saam met sy maatskappy ten gronde te gaan nie.

Publikasies

Jaar Publikasies
Pienkes du Plessis
1996 Pienkes du Plessis
2007 Die perdekombers en ander stories uit die jagveld
2012 Anderkant duskant
Ek ken jou
Die man
Gerrit du Plessis
1960 Die laaste koeël

Bronnelys

Boeke

  • Kannemeyer, J.C. “Die Afrikaanse literatuur 1652-2004” Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe 2005

Tydskrifte en koerante

  • Schmidt, Helen “Naweke is vir ernstige sake” “Rapport-Tydskrif” 9 Februarie 1997

Internet

  • Bruwer, Naomi LitNet: http://www.litnet.co.za/fotos-pienkes-du-plessis-se-driedubbele-boekbekendstelling/
  • Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Du_Plessis,_Gerrit
  • NB-Uitgewers: http://www.nb.co.za/Authors/3429
  • Pot-Shot: http://www.pot-shot.co.za/?y=article&company=17&article=3223&nl=504&click=web&subsection=88&langu=1#.Vt6kcTFumM8
  • Worldcat: http://www.worldcat.org/identities/lccn-n2001-37435/

Resensies

You May Also Like

Billy Costa’s net worth, biography, fact, career, awards and life story

Billy Costa net worth and salary: Billy Costa is an American radio and television host who has a net worth of $4 million. Billy Costa was born in Cambridge, Massachusetts in December 1951. He is best known in the Boston area. Costa started out working as a disc jockey at a nightclub and then joined the radio station WERS. He also worked at WBOS and then he joined WXKS-FM or Kiss 108. He has hosted a lifestyle and entertainment segment and the Top 30 Countdown. On weekday mornings he co-hosts Matty in the Morning. Billy Costa has also hosted the television series TV Diner on NECN. He went on to host the TV series Dining Playbook with Jenny Johnson on NESN. Billy Costa was nominated for an Emmy Award for his work on Evening Magazine. He won a Children’s Television Award for his kids’ talk show Rap Around. He graduated from Emerson College with an English degree.
Read More