Paul Skelton’s biography, net worth, fact, career, awards and life story

Intro South African ichthyologist
Is Zoologist 
Ichthyologist 
From South Africa 
Type Biology 
Gender male
Birth 29 August 1948, Johannesburg, City of Johannesburg Metropolitan Municipality, Gauteng, South Africa
Age: 71 years
Star sign Virgo

Paul Harvey Skelton (29 Augustus 1948, Johannesburg – ) is ‘n Suid-Afrikaanse igtioloog en kenner van varswatervisse.

Student

Hy het in 1965 aan St. Benedicts College in Bedfordview gematrikuleer. Hy verwerf sy B.Sc.-graad (Dierkunde en Entomologie) aan die Rhodes Universiteit te Grahamstad in 1969, sy Honneursgraad in 1970 en sy doktorsgraad Ph.D. (Igtiologie) in 1980. Sy tesis is Systematics and biogeography of the redfin minnows (Pisces, Cyprinidae) from Southern Africa.

Loopbaan

Vanaf Januarie 1972 – Desember 1983 was hy die kurator van visse by die Albanymuseum in Grahamstad. Vanaf Januarie 1984 – Maart 1995 was hy die Kurator van varswatervisse by die J.L.B. Smith Instituut van Igtiologie, Grahamstad en vanaf April 1995 – Desember 1998 ‘n direkteur aan dieselfde Instituut. Die J.L.B. Smith Instituut word oorgedra na die National Research Foundation gedurende 1999 wat hernoem word na die South African Institute for Aquatic Biodiversity (SAIAB) gedurende 2003. Hy is die Besturende Direkteur van die SAIAB – National Research Foundation sedert Januarie 1999.

Publikasies

Skelton het verskeie boeke, artikels en dokumente geskryf. Sy bekendste werk is A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Hierdie boek het reeds in 1993 vir die eerste keer verskyn en die eerste uitgawe was ook in Afrikaans beskikbaar en wel onder die titel ‘n Volledige Gids tot die Varswatervisse van Suider-Afrika.

Gesinslewe

Hy is getroud met Anne Frances (née Heffer) en hulle het twee seuns en ‘n dogter.

Bron

  • http://www.saiab.ac.za
You May Also Like