| Intro | South African businessman |
| Was |
Businessperson |
| From |
South Africa |
| Type |
Business |
| Gender | male |
| Birth | 12 March 1925 |
| Death |
10 July 2019 (aged 94 years)
|
| Star sign | Pisces |
Marius Theodorus de Waal (12 Maart 1925 – 10 Julie 2019) was ‘n sakeleier in Suid-Afrika, voorsitter van die ou Yskor, Transnet, Siemens SA, direkteur van SASOL, BMW SA en die Reserwebank. Hy was ook ondervoorsitter van die staatspresident se ekonomiese adviesraad. Sy laaste betrekking was as die voorsitter van die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK).
De Waal is op ‘n plaas in die Paarl gebore as die jongste van sewe kinders. Hy slaag matriek op die ouderdom van 16. Hy studeer in die ingenieursfakulteit by die Universiteit van Stellenbosch. Hy het sy vrou, Kitty, in 1943 ontmoet. Hy laat vier kinders, twaalf kleinkinders en vyf agterkleinkinders agter. Hy het die laaste drie jaar van sy lewe aan Alzheimer se siekte gely.
Bron
- Hy was ‘n swaargewig van die destydse sakewêreld Rapport, 21 Julie 2019.