| Intro | South African actress |
| Is | Actor |
| From | South Africa |
| Type | Film, TV, Stage & Radio |
| Gender | female |
| Birth |
6 June 1999 |
| Age | 21 years |
| Star sign | Gemini |
Marguerite van Eeden (gebore 6 Junie 1999) is ʼn Suid-Afrikaanse aktrise, wat veral bekend is vir haar rol as Anita in die kykNET dramareeks, Sara se Geheim. Nadat sy gematrikuleer het aan die Hoër Meisieskool La Rochelle het sy in 2017 haar drama-graad aan die Universiteit van Stellenbosch behaal. Haar debuut op televisie was met die kykNET misdaadreeks, Die Byl, wat ʼn fiktiewe weergawe is van wyle Piet Byleveld se dossiere.
2017 was ʼn groot jaar vir van Eeden toe sy die rol van Anita in die televisiereeks, Sara se Geheim, gekry het, asook die film Vaselinetjie in dieselfde jaar. In Oktober 2017 het sy haar verskyning gemaak in Episode 3 van Seisoen 1, van die dramareeks op kykNET, Waterfront. In 2018 kry sy haar eerste volle rol in die televisiereeks, Fynskrif.
Persoonlike Lewe
Van Eeden is in 2018 verloof aan Danie du Toit van die musiekgroep, Spoegwolf.
Film
- Somerkersfees, vertolk die rol van Jane (2019)
- Vergeet my nie, vertolk die rol van Mardaleen (2020)
- Conscript, vertolk die rol van Hailey (2017)
- Passion Gap, vertolk die rol van Elani (2017)
- Vaselintjie, vertolk die rol van Helena (2017)
Televisie
- Fynskrif, Seisoen 3, vertolk die rol van Alex Kruger (2018)
- Spreeus, vertolk die rol van Marianne (2018)
- Die Byl, Seisoen 2, vertolk die rol van Monica Walters (2018)
- Kern, vertolk die rol van jong Stella (2017)
- Deep End, vertolk die rol van Melanie (2017)
- Sara se Geheim 2, vertolk die rol van Anita (2017)
- Die Byl, vertolk die rol van Zelda (2017)
Bronnelys
- https://www.imdb.com/name/nm8350914/
- https://www.tvsa.co.za/actors/viewactor.aspx?actorid=17870
- https://www.apm.co.za/artiste/marguerite-van-eeden-700/