J.M. de Wet’s biography, net worth, fact, career, awards and life story

Intro South African writer
Is Writer 
From South Africa 
Type Literature 
Birth 1907

J.M. de Wet (2 Julie 1907- 5 Julie 2002) was ‘n Afrikaanse skrywer, wat benewens ’n biografie van Jopie Fourie verskeie nasionalistiese romans en gedigte onder sy eie naam en verskeie skuilname skryf. Hy maak onder meer van die volgende skuilname gebruik: Jan Malherbe, Danie Stegman en Petrus Naudé. Hy is op 5 Julie 2002 oorlede.

Lewe en werk

Johannes Marthinus de Wet is op 2 Julie 1907 in die distrik Ficksburg gebore as die agste kind van sy pa, na wie hy vernoem is, en die enigste kind van sy pa se tweede huwelik met Anna Gesiena du Plessis. Hy voltooi sy skoolopleiding aan die hoërskool op Senekal in die Vrystaat. In 1927 sluit hy by die Suid-Afrikaanse Polisie aan. Hy doen twee jaar diens in Johannesburg en word dan na die hoofkantoor in Pretoria verplaas, waar hy werk tot 1940. Hy was een van die stigters van die polisie debatsvereniging, ’n medestigter van die S.A. Polisie Atletiekvereniging, ’n gereelde medewerker aan die Polisie nuusblad Nongquai en medeverantwoordelik vir die reëling van verskeie kunskonserte ten bate van die Polisie-weesfonds. Hy word in 1940 gedwing om sy betrekking en offisiersrang neer te lê omdat hy lid is van die Stormjaers van die Ossewa-Brandwag en weier om die sogenaamde “rooi eed” af te lê waarin hy getrouheid sweer aan die Geallieerde Magte wat in die Tweede Wêreldoorlog aan die kant van Engeland teen Duitsland veg. Gedurende hierdie oorlog word hy kragtens die noodregulasies twee keer altesaam tien maande lank in die tronk in Pretoria aangehou. Hy keer later terug na die polisie en word eindelik bevorder tot luitenant-kolonel. Hy is in 1931 getroud met Johanna Christina Elizabeth Smit en hulle het ’n seun, maar is in 1934 geskei. In 1943 trou hy met Elsabie Petronella Nel en hulle het drie dogters en ’n seun. Hy is op 5 Julie 2002 oorlede en word in die Centurion begraafplaas begrawe.

Skryfwerk

Onder sy eie naam verskyn Jopie Fourie: Foto-album.

Hy skryf verskeie boeke onder skuilname. Onder die naam Danie Stegman verskyn onder andere Nooit gevang nie (die herinneringe van Anna G. Janse van Rensburg van ’n Vrouevluglaer uit die Anglo-Boereoorlog wat nooit gevang is nie), Murasies (herinneringe uit die Anglo-Boereoorlog van N.G.J. Venter), Mylpale en Skoorsoek; onder die naam Jan Malherbe verskyn Dit is my plig!; en Die Middernagmoord word onder die naam Petrus Naudé uitgegee. Teen die einde van sy lewe gee hy die digbundel Amajuba en ander gedigte, waarin hy nasionalistiese verse bundel, privaat uit onder die naam Danie Stegman.

Publikasies

J.M. de Wet

Jaar Titel van publikasie
1965 Jopie Fourie: Foto-album

Jan Malherbe

Jaar Titel van publikasies
1944 Dit is my plig!

Petrus Naudé

Jaar Titelvan publikasie
1946 Die Middernagmoord

Danie Stegman[4]

Jaar Titel van publikasie
1940 Nooit gevang nie
1942 Mursies
1946 Mylpale

Skoorsoek

1948 Donker weë
1951 Verbode
1952 Glanslose ieale
1953 Die roos in my tuin
1956 Waters waar rus is
1987 Die heeldedaad van Kosie Briedenhann
1990 Amajuba en ander gedigte

Verwysings

Boeke

  • Nienaber, P.J. “Hier is ons skrywers!” Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Eerste uitgawe 1949

Ander verwysings

You May Also Like

Eileen Ford’s net worth, biography, fact, career, awards and life story

Eileen Ford Net Worth: Eileen Ford was an American model agency executive who has a net worth of $100 million. Eileen Ford is best known for co-founding Ford Models, a company she started with her husband, Gerrard “Jerry” Ford. Their company is widely known across the world and is considered to be one of the most prestigious modeling companies to date, it’s also one of the oldest. Ford was born in March of 1922 in Manhattan, New York. She got her start in modeling in college when she modeled for the Harry Conover Modeling Agency, before graduating from Barnard in 1943. She subsequently met and eloped with Jerry in 1944. After becoming pregnant, she started working as a secretary for various models, charging $65 to $75 per month for her services. In 1947, after Jerry returned from the war, the pair decided to start a modeling company, even though Eileen was the only one with any industry knowledge. Despite bring brand new and having a “terrible” location, they profited a quarter million dollars in their first year and was considered the third most successful company in the industry. The Fords had four children together, their third child, Katie, took over the modeling agency in 1955. They remained married until Jerry’s death in 2008. Eileen followed him in death in January of 2014.
Read More