George Ballot’s biography, net worth, fact, career, awards and life story

Intro South African actor
Is

Actor 

From

South Africa 

Type

Film, TV, Stage & Radio 

Gender male

George Ballot is ‘n Suid-Afrikaanse verhoog-, TV- en rolprentakteur. Hy is veral bekend vir sy rol as Skollie in die TV-drama Vyfster en die rolprent Vyfster: die slot.

Lewe

Ballot het aan die Universiteit van Pretoria studeer en in 1968 by Truk aangesluit. Teaterproduksies van dié geselskap waarin hy verskyn het, sluit in Professor Poffel en Professor Moffel (1968), Sirkusavontuur (1969), Kinkels in die Kabel (1970), Mattewis en Meraai (1970), Siener in die Suburbs (1971), Die Seemeeu (1972), Toiings (1973), Die Rebellie van Lafras Verwey (1975), ‘n Seder val in Waterkloof (1975), Joseph and the Amazing Technicolor Dreamcoat (1975) en Brothers (1984).

Vir Kruik het hy verskyn in Vrede (1983), Kermis op Koekenmoer (1983), En Dit Was Môre (1985) en Die Park (1990).

Hy het later ook radio-, TV-, rolprent- en verhoogwerk gedoen en landwyd bekendheid verwerf vir sy rol as die beminlike maar komplekse misdadiger Skollie in die gewilde TV-reeks Vyfster en sy opvolgfliek. Hy was ook op TV te sien in TJ7 (1978).

Sy rolle in vroeë Afrikaanse flieks sluit in Bitter Lied van die Somer (1970), Die Sersant en die Tiger Moth (1974), Geluksdal (1974), Tant Ralie se Losieshuis (1974), Vergeet My Nie (1975), Blink Stefaans (1981), Die groen faktor (1984), Skollie (1984) en Vyfster: Die Slot (1985).

In die 1990’s het hy in Kaapstad afgetree, waar hy ’n kunsgalery bedryf het en nog by vermaak betrokke was.

Filmografie

  • Styx (video), 2001 as Ferguson
  • Sarahsarà, 1994 as Dr. Durer
  • Vyfster: Die Slot, 1985 as Skollie
  • Die Groen Faktor, 1984 as Hannes Jooste
  • Skollie, 1984
  • Vyfster (TV-reeks), 1984 as Skollie
  • Blink Stefaans, 1981
  • Vergeet My Nie, 1975
  • Die Sersant en die Tiger Moth, 1974
  • Geluksdal, 1974
  • Siener in die suburbs, 1973 as Albertus

Verwysings

You May Also Like