| Intro | South African actress |
| Is |
Actor |
| From |
South Africa |
| Type |
Film, TV, Stage & Radio |
| Gender | female |
Bettie Kemp is ‘n Suid-Afrikaanse radio- en TV-aanbieder, aktrise en ‘n regisseur van drama en dokumentêre programme vir radio. Sy is ook ‘n nuusleser en kontinuiteitsaankondiger. Sy is veral bekend as aanbieder vir RSG en kykNET se ontbyt-program, Dagbreek. Kemp is ook ‘n ervare stemkunstenaar van handelsprodukte, en was vir ‘n paar jaar die Afrikaanse stem vir Standard Bank se telefoniese inbeldienste.
Toekennings
Sy het twee VITA-benoemings gekry vir haar solo-verhoogproduksies Kom Nader.
In 2011 word sy tydens die Fiestas as die beste vroulike byspeler aangewys vir haar vertolking in Dood van ’n verkoopsman.
By die 2012 Aardklopfees is sy benoem as die beste aktrise vir haar rol in TaMiem van Swellendam.